Frank Rijkaard
Rijkaard in 2006 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 30 September 1962 | ||
| Geboorteplek | Amsterdam, Nederland | ||
| Lengte | 1,90 m | ||
| Speelposisie | Sentrale middelvelder, verdedigende middelvelder, verdediger | ||
| Jeugloopbaan | |||
| –1973 | SC Buitenveldert | ||
| 1973–1976 | Blauw-Wit Amsterdam | ||
| 1976–1979 | DWS | ||
| 1979–1980 | Ajax | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 1980–1987 | Ajax | 205 | (47) |
| 1987–1988 | Sporting CP | 0 | (0) |
| 1987–1988 | → Real Zaragoza (leen) | 11 | (0) |
| 1988–1993 | AC Milan | 142 | (16) |
| 1993–1995 | Ajax | 56 | (12) |
| Totaal | 414 | (75) | |
| Nasionale span | |||
| 1981–1994 | Nederland | 73 | (10) |
| Spanne bestuur | |||
| 1998–2000 | Nederland | ||
| 2001–2002 | Sparta Rotterdam | ||
| 2003–2008 | Barcelona | ||
| 2009–2010 | Galatasaray | ||
| 2011–2013 | Saoedi-Arabië | ||
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Franklin Edmundo Rijkaard (gebore 30 September 1962) is ’n Nederlandse voormalige sokkerspeler en voormalige afrigter wat as ’n verdedigende middelvelder gespeel het. Hy word beskou as een van die grootste middelvelders in sokkergeskiedenis, en is deur die Britse koerant The Daily Telegraph beskryf as “’n stylvolle speler van onberispelike afkoms.”[1][2][3]
Rijkaard het vir Ajax, Real Zaragoza en AC Milan gespeel. Met Ajax het hy vyf Eredivisie-titels en die 1994–1995 Champions League gewen. Met AC Milan het hy Serie A-titels sowel as die 1988–89 en 1989–90 Europese Beker (die voorganger van die Champions League) gewen.
Hy het 73 keer vir die Nederlandse nasionale span uitgedraf. Hy was deel van die span wat die 1988 Europese Kampioenskap gewen het en het derde geëindig in die 1992 Europese Kampioenskap. Hy het ook aan die Wêreldbekertoernooie in 1990 en 1994 deelgeneem.
In sy afrigterloopbaan is hy veral bekend vir sy vyf jaar lange aanstelling by Barcelona, waar hy die 2004–05- en 2005–06 La Liga-titels sowel as die 2005–06 Champions League gewen het. Hy het ook die Nederlandse nasionale span, Sparta Rotterdam, Galatasaray en die Saoedi-Arabiese nasionale span afgerig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Dutchman who ruled Europe in three shirts". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2012. Besoek op 31 Desember 2015.
- ↑ "Frank Rijkaard Biography". history-of-soccer.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2016. Besoek op 31 Desember 2015.
- ↑ "Liverpool's Roy Hodgson under fresh scrutiny after Frank Rijkaard leaves Galatasaray". The Daily Telegraph. 20 Oktober 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022. Besoek op 21 Oktober 2010.